Hoe om Kabeljou te vang

KABELJOU

ARGYROSOMUS HOLOLEPIDOTUS

Ander algemene name : Kob en Daga. Die vis spog seker met die meeste name ooit.
Voorkeur naam aan die Weskus in die omgewing van Stilbaai en Mosselbaai is Boerkabeljou of Kwagga.
Knysna en Plettenbergbaai staan dit bekend as Rietbul.

Oos Kaaplandse kus tot in Natal word dit soms Salmon of Daga – Salmon genoem.
Kabeljou is wyd versprei langs die hele kus van Suid Afrika.

Kabeljou net soos Elf beweeg in skole , so as jy gelukkig is om n’ skool raak te loop kan jou dag gemaak
wees met n’ hele paar Kabejoue in jou vriekas.

Die kleur van die water speel n’ baie groot rol as jy gaan hengel vir kabeljou. Ons praat gewoonlik van
Gemmerbier water . Water is nie helder nie en het so bruinerige kleur. Agv die troebel water moet die
kabeljou dus op hulle reuksin staatmaak om klein vissies en skaaldiertjies te vind.

Kabeljou kom voor op strand gebiede veral waar die see riwwe oopspoel asook gate en kanale wat op
strande oop gespoel word. Moenie rotse en dollose soos by Richardsbaai weggooi nie.
Stil waters soos , rivier mondings, Strandmere en baai gebiede , is baie goei plek om hulle te vang veral in
die nag.

Kyk julle moet net onthou , n’ kabeljou kan nie vergelyk word met n’ roof vis soos bv. Garrick nie. Hulle
is nie van die grootste bakleiers wat ek al gevang het nie , maar as n’ groot meneer jou aas gesluk het sal
hy soos n’ stoom roller beweeg , stadig maar seker met uiterste krag. En as jou hengelgery nie na wense is nie mag jy dalk n’ probleem optel.

Hulle hou van sagte vis aas soos Sardiens en Makriel asook n’ lekker strook tjokka , krewel of
bloedwurm. Moenie vergeet van lewendige aas nie , soos Pienkies, Yellow Fin Bream , Mullet en
kleinerige Elf / Shad nie. Laasgenoemde is vir daai groot menere.

Wat ek gebruik is n’ heel Sardien met kop of sonder kop , wat ek dan toemaak met n’ spier wit stuk
Tjokka. En natuurlik gly sinker kombinasie en nommer 6/0 hoek. Dit is nou vir Kabeljou tussen 3 kg tot 6
kg in gewig , hulle is nogal volop.

As ek egter in Rivier mondings , strandmere en hawe gebiede hengel verkies ek lewendige aas en het al
baie groot menere kon vang met veral Pinkie en Yellow fin bream of selfs Perch. Daar is egter geheim ,

Kabeljou byt vroeg oggend en laat agtermiddag net voordat son heeltemal opkom of sak.

Dit het te doen ook met die kleur van die water daardie tyd.

Met lewendige aas verkies ek die donkerte. Dit is dan wanneer pappa kabeljou en mamma kabeljou of
dalk oupa kabeljou die rontes doen. Met lewendige aas moet julle egter onthou om die kabeljou genoeg
kans te gee om die vis te sluk. Dis baie belangrik. , as die kabeljou die aas optel dit geld vir sagte aas en
lewendige aas , loop hy gewoonlik in drie sarsies Op jou derde loop kan jy maar vas maak op sagte aas.

Op lewendige aas moet jy geduld betoon. Die lewendige aas word opgetel en in die proses wat hy loop sal
hy stop en van die skubbe op die lewendige aas ontslae raak. Geen hom dus genoeg tyd al loop hy drie
maal tot vyf maal maak nie saak nie dit gee hom tyd om sy tafel te dek en sy kos voor te bery. Ek het
altyd by Fanies eiland van die boot af , my lyn so driemaal afgerol in n’ klein sirkel op die boot. Die
kabeljou het dus baie tyd en vrye lyn om die nodige te doen.

Daar is egter uitsondrings. Veral as jy strand of rots hengel doen. Die geskommel en stromme en
branders , laat die kabeljou nou nie juis veel van n’ keuse as om te gryp en te hardloop nie.

Hengel tye vir Kabeljou in die Natal gebied is Maart . April en Mei en selfs tot en met Julie. In die Kaap
se omgewing is hulle weer uiters aktief in die somer maande. Wat ek ook kan noem is dat jy groot
Kabeljou kan vang in riviere wat in die see uitmond. Ek praat van hoog op in die rivier , verkieslik van
boot af. Getye speel egter n’ rol by die riviere en moet op gelet word. Ek het gevind in riviere of kanale
soos bv. In Richardsbaai het ek my beste vangste gedoen twee ure voor hoog water en met die draai van
die gety waar die water dan fisies vir n’ uur stil staan geen vangste nie en weer twee ure nadat die gety
gedraai het uitgaande gety.

Wat Hengel gery aan betref , Goeie see stok met stywe punt , lyn breekkrag ongeveer 10 tot 20 kg , hoeke
6/0 tot 8/0 en maak gebruik van n’ gly sinker tipe strop sodat die kabeljou sonder weerstand kan beweeg
met die aas. Wat katrol aanbetref verkies ek die Penn tipe katrol of n’ goeie Centre pin.( Alvey )
Beide katrole is egter n’ ervaring om meer te gooi en moet aangeleer word. As jy nie regkom met hulle nie
, gebruik koffiemeel , maar van goeie gehalte en wat pas by jou stok se lengte.

My persoonlike ervaring vir Kabeljou is om hulle te vang in strandmere , riviere en baai gedeeltes en het
gevind dat dit die opwindenste plekke is om vir kabeljou te hengel. Die lekkerte van hierdie gebiede is dat
jy die ou kneuwels kan aandurf met ligte gerei wat nou weer ma, boeta en sussa se dag sal maak. Vir jou
klein tot medium grootte kabeljou in hierdie gebiede is ek baie lief om gebruik te maak van Cracker
Shrimp of modder krewels.

Vir nuwelinge wat met kabeljou te doen kry , gee ek altyd die raad om tot tien te tel as die vis jou aas
optel voordat jy kap. Kabeljou is nie soos Garrick wat soos n’ waferse atleet die aas gryp en vol
andrenalien die hasepad met n’ spoed kies nie, hy tel die aas op en swem rustig met dit weg.

Kabeljou is n’ heerlike eetvis , ryk smaakvolle skoon vleis. Dit kan op verskeie maniere voor berei word.
Ek het egter gevind dat jou groot kabeljou se vleis is nie altyd so lekker nie. Jou kabeljou van so 3 kg tot
6 kg is die beste om te eet. Amper lekkerder as n’ sappige Lams Ribbetjie.

Wenk, In jou Kabeljou se kop is daar twee pragtige witsteentjies , die grootte wissel na gelang van die
grootte van die Kabeljou. Bo op die kop is daar twee ingduikte ringetjies , jy kan dit daar uit haal. Ek het
altyd die koppe opgekook dan kom dit maklik uit. Die gekookte kop het ek dan die bene en gratte
verwyder en my hond en kat het dan gedink dis kersfees. Daar is besonder baie vleis in so kop en ek
verneem dat sommige mense die oog as n’ lekkerny bestempel.

Dis amper vakansie tyd en as jy see toe gaan , gaan haal vir jou n’ kabeljou uit , dis nou die regte tyd vir
die Natal se kus gebiede.

As jy dalk vir my storie het of dalk n vraag of voorstelle , of as jy van n’ sekere vis soort wil infi bekom ,
stuur gerus n’ e pos na tinusdutoit3@gmail.com.

My nuwe program , Hengel met Tinus sal vanaf Vrydag 8 Maart 2019 uitgesaai word.
Tye sal nog bekend gemaak word.

Stywe lyne ,

Tinus Du Toit

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *