Namakwaland Toer

KragbronFM en JB Treintoere nooi jou uit om saam met ons te gaan op die jaarlikse trein- en vlugtoere na die pragtige Namakwaland en Boland. Die eerste toer, vanaf 27 Augustus 2019 tot 1 September 2019, is reeds volbespreek maar daar is goeie nuus…’n bykomende toer word beplan vir 25 Augustus tot 30 Augustus 2019.

Die toere vind plaas aan die einde van die reënseisoen en ons glo dat die blomme pragtig gaan wees in hul skoonheid. Daar is min dinge so mooi  soos hierdie natuurverskynsel!

Ons sal jou neem na plekke waar toergroepe normaalweg nie gaan nie.

Dink net aan plekke soos die Worcester Karoo Park, Tulbagh se ‘Paddagang’, Quiver Tree Forest, Matjiesfontein Padstal op Niewoudtville, Paternoster, Voël-eiland,  wynproe en die besigtiging van pragtige watervalle .

Stap in die veld met blomme so ver die oog kan sien , gaan af op jou knieë en ontdek die mooiste klein blommetjies . Kom geniet God se skepping.

Ons reis toeristeklas met die Trans Karoo trein , slaap in top hotelle en lodges, reis verder met ‘n luukse toerbus  en  aan die einde van die toer vlieg ons terug.

Vir besprekings en inligting skakel 011 913 2442  met verwysing KragbronFM- Lente Blommetoer.  Of skakel vir Tinus du Toit by KragbronFM by 013 697 1191 of gaan na www.jbtours.co.za.

Die toere is uiters gewild, bespreek dus so gou as moontlik om teleurstelling te voorkom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *