Pieter Koen Familie Piekniek 2019

Facebook  Besoek gerus die Pieter Koen Familie Piekniek se Facebook blad vir meer inligting

 

itickets  Moenie uitmis op hierdie wonderlike geleendheid nie!!  Koop Jou kaartjies vandag nog by iTickets!!

 

“Dit gaan alles oor die oomblikke wat ons nie net saam geniet nie, maar ook laat gebeur.”

Pieter vier hierdie jaar sy 22e jaar in die Suid Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, waarvan 18 hiervan ook as gewilde aanbieder op die KykNet kanaal van die program Kwêla en die afgelope 9 jaar ook van die immergewilde musiek en gesels program Jukebox was.

Die afgelope 5 jaar het hy,tesame met van sy vriende uit die vermaaklikheids bedryf, ook ’n heerlike piekniek aangebied. Vanweë die gewildheid van die piekniek maak hy weer so! Hierdie keer word daar met die eerste van nog baie soortgelyke geleenthede afgeskop in die hoëveld van Mpumalanga.

“Ek is so bly dat mense ingekoop het in my ‘kuier’ gedagte – want dit is presies waaroor hierdie dag gaan, en hierdie jaar probeer ons om dit selfs nog beter, lekkerder en groter te maak. Die moontlikheid om die piekniek ook na ander dele van ons land te neem was nooit uitgesluit nie, en die tyd daarvoor is nou hier. Ek het in die platteland grootgeword en kon nie aan ’n beter plek dink as juis die omgewing waar ek ast’ ware mens geword het nie. Die lodge se ligging is perfek, met meer as genoeg spasie, uitmuntende geriewe en ongelooflike mooi uitsigte van die omgewing wat jou asem gaan wegslaan. Die hoëveld het sy eie bekoring en daarom is dit die ideale plek vir die piekniek.”

Die uniekheid van die piekniek lê ook grotendeels in die feit dat dit ’n handevat projek is. Hierdie keer gooi die radiostasie wat ook ‘n groot verskil in daardie gemeenskappe maak hulle geiwg in om saam met ons te  piekniek. Die span van Radio Kragbron gaan by ons aansluit en regstreeks vanaf die piekniek op die dag uitsaai. So, as jy jou gunsteling Kragbron aanbieder wil kom ontmoet, nuuskierig is om te sien hoe radio uitsendings werk, het jou nou selfs meer rede om die dag saam met ons te kom geniet. Buiten dit, vat ons ook hande saam met ongelooflike ondersteuners vanuit alle oorde in die vermaaklikheidsbedryf, besigheidswêreld en gemeenskap.

“My ondersteuningsnetwerk bly gesond en groei steeds hetsy die ondersteuning van kykers op KykNET en KykNET NOU, of wat die ondersteuning aan my as kunstenaar aan betref – met dit alles in gedagte wil en sal ek graag voortgaan om iets spesiaals vir hulle te doen.”

Maak jouself solank reg, skryf die datum neer en bespreek sommer nou jou plek vir n onvergeetlike kuier saam met Pieter en van sy vriende!

Die dag gaan oor ’n piekniek. “Dit gaan oor die saam kuier en wees van vriende en familie, pret vir oud en jonk, kos om aan te smul, versnapperinge om ’n dors te les, en musiek in ’n pragtige en unieke omgewing.” Om dit selfs nog makliker en lekkerder te maak vir jou, die familie en vriende sal daar ’n verskeidenheid stalletjies wees met alles waaraan jy kan dink om te eet en te drink. Dit alles ook kraakvars en yskoud om jou honger en dors behoorlik te les, tesame met

uitstekende en vriendelike diens. Natuurlik sal jy ook kan uitsien na ’n heerlike kuier en optrede saam met Pieter en van sy vriende wat van die land se voorste kunstenaars insluit. ’n Totaal van 14 kunstenaars gaan jou hierdie jaar van vroegdag af op die verhoog vermaak!

Daar gaan ook baie te doen wees vir oud en jonk, en eie aan Pieter se aard, gaan daar beslis ook net-net ’n verassing of 2 uit die hoed uit spring.

Vir meer inligting besoek graag Pieter Koen Familie Pieknie Facebook Blad asook die webwerf.  Kaartjies beskikbaar by iTickets

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *